Hoërskool Adamantia
 
Koor

Ons het die jaar weggespring met oudisies vir die graad 8-leerders en enige voornemende koorlid.
Op die oomblik bestaan die koor uit nagenoeg 30 lede. Ons oefen elke Woensdag vanaf 14:00 tot 15:15 en het reeds ‘n paar liedere geleer.


Die koor word begelei deur mnr. Matthew van Wyk. Me. Ester Fordis die afrigter en me. N. Roux help ook met die stemafrigting.


Ons beplanom vanjaar aan die Diamant Koorfees deel te neem, asook om by die skool se Kultuuraand te sing. In samewerking met die skool se Landsdiens wil ons ook uitreik na die gemeenskap, bv. sing by ouetehuise.