Hoërskool Adamantia
 
Landsdiens

Adamantia se D.S.Jacobs-Landsdiensklub is as die aktiefste klub in die Noord-Kaap vir 2014 aangewys. 

Die landsdiens is deurentyd betrokke met projekte soos:

  • Herwinning
  • DBV: hondekos, hokke borg, muntlegging, speelgoed en leibande
  • Kansa Relay-projek
  • Thusong-kinderhuis:  uitreikings met sop, klere, groentetuin
  • Ons Huis: besoek aan bejaardes
  • Teenveldtog vir Renosterstropery – fondse vir Wessa
  • Uitreikings na Acacia:  fondse
  • Bewaring van Monumente:  Magersfontein en Blokhuis op Modderrivier
  • Wildbesigtiging en klubkamp te Rooifontein
  • Ons besoek ook elke kwartaal ‘n gemeente in Kimberley en probeer om ‘n bydrae te lewer aan die barmhartigheidsprojekte.

Leerders leer ook sekere handvaardighede aan soos knoop en doop, kralewerk, breiwerk, geskenkies, hondespeelgoed, ‘modge podge’, eye –catchers ens.

Ons woon klubkampe, gebiedskampe en streekskampe by. 

In 2015 het Nadia Britz, ons ondervoorsitter, ‘n Springboktoekenning ontvang.

In 2014 was die Landsdiens 100 jaar oud.  ‘n Groot saamtrek word in die Wes-Kaap gehou. 
 
Eko-skole

Adamantia het vanjaar 'n goue sertifikaat ontvang!

Ons hanteer tans 4 projekte:

  • Herwinning
  • Biodiversiteit
  • Gesonde leefwyse
  • Aardverwarming

Ons doelwit is om platinum-status te bereik – dit behels internasionale deelname!

Ons herwin glas, plastiek, papier en blik.  ‘n Projek wat ons al oor baie jare volhou.
Ons het ook uilkaste gebou en wil dit met ons klubkamp by Mokala oprig om uilspesies moontlik te hervestig.

Ons het ook ‘n groentetuin aangelê en beoog om in die toekoms groente aan minderbevoorregte instansies te lewer en sodoende te help met voedsel.

Ons het 15 olyfbome op ons skoolterrein aangeplant om ons “groen status” te vier.

Ons doelwit is:  Bewaar en bespaar vir ‘n groener omgewing vir ons nageslag!!