Hoërskool Adamantia
 
Toneel

Die toneelgroep oefen tans aan die toneelstuk, My liewe Lena geskryf deur Wimpie Heiberg. Dit is 'n nuutgeskrewe teks wat nog nooit vantevore opgevoer is nie. Die groep bestaan uit nege toneelspelers, 'n verhoogbestuurder en 'n klank- en beligtingsbestuurder.

Die groep neem op 10 Augustus 2015 in Bloemfontein deel aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie.

Al die rolle is gevul en daar word nou beplanning gedoen vir die dekor, kostuums, grimering, ensovoorts.