Adamantia se D.S.Jacobs-Landsdiensklub is as die aktiefste klub in die Noord-Kaap vir 2019 aangewys.
Die landsdiens is deurentyd betrokke met projekte soos:
- Herwinning
- DBV: hondekos, hokke borg, muntlegging, speelgoed en leibande
- Kansa Relay-projek
- Ons Huis: besoek aan bejaardes
- Teenveldtog vir Renosterstropery – fondse vir Mokala
- Bewaring van Monumente: Magersfontein en Burger monument
- Wildbesigtiging en klubkamp te Rooifontein
- Ons besoek ook elke kwartaal ‘n gemeente in Kimberley en probeer om ‘n bydrae te lewer aan die barmhartigheidsprojekte.
Leerders leer ook sekere handvaardighede aan soos knoop en doop, kralewerk, breiwerk, geskenkies, hondespeelgoed, ‘modge podge’, eye-catchers ens.
Ons woon klubkampe, gebiedskampe en provinsiale en nasionale kampe by.
In 2020 het Marizán Steyn, ons ondervoorsitter, ‘n Springboktoekenning ontvang.